Black Friday and more…
Privaat funksies
Nog heerlike koeke!
Vir die koektafel
Wat is lekkerder saam met ‘n koppie tee of lekker koffie as ‘n heerlike koek! Kom maak jou keuse uit ons lieflike reeks van koeke. En as jy iets spesiaals soek, kom vertel wat jou hart begeer en ons sal jou gelukkig maak.
Wortelkoek Vlakoek Sjokoladekoek Sjokoladekoek Plaatkoek Peppermint roomkoek Lemoenkoek
Net reg vir die winter!
Daar is min dinge so lekker op ‘n wintersdag soos ‘n heerlike vleisige paai met ‘n lekker koppie koffie om die koue te verdryf. Al die beroemdes is daar: Steak, Steak and kidney, hoender, kerrie, wildsvleis en nog meer.
Die Familie Kombuis se paais is beroemd baie vêr buite die grense van die Vallei en altyd topgehalte meet heerlike egte kwaliteit vleis en die lekkerste geur.
Kom gryp ‘n paai en moenie die stomende koffie vergeet nie!

Bestel uit ons bakkery

GEVRIESDE ETES (380g—400g) @ R33
1. Tamatiebredie, Beef stroganoff, Chicken a la king, Herderspastei, Bobotie, Groenboontjiebredie.
Bogenoemde saam met rys en butternut/patat
2. Beesvleis kerrie, Hoender kerrie, Potjiekos, Maalvleis kerrie
Bogenoemde saam met rys
3. Beef lasagne, Hoender lasagne
GEVRIESDE ONGEBAKTE PASTEIE @ R 200 vir 10
Steak, Steak & kidney, Pepper steak, Wild, Hoender, Kerrie, Ham & kaas
FAMILIE PASTEIE (900g) @ R 85
Hoender
BESKUIT @ R 40
Karringmelk
All Bran
KONTAK: Isa Fouché – sel no. 0722653641
Epos – pfouche@hexvallei.co.za
Haal net uit en maak warm!
Special op beskuit!
Welkom by die familie kombuis
Teen hierdie tyd is jy sekerlik ‘n getroue ondersteuner van Die Familie Kombuis. Kom loer in vir heerlike kos, spesiale koeke en hemelse platters.
Kyk gerus deur ons menu vir idees en kom gesels oor wat vir jou net reg sal wees.
Familiegroete,
Paul en Isabel